10 Mei 2017 – Stiltetyd

Stiltetyd
LUKAS 9:18
Op ‘n keer terwyl Jesus eenkant besig was om te bid, het sy dissipels by Hom saamgekom. Toe vra Hy hulle: “Wie, sê die mense, is Ek?”
Woorde raak in onbruik en verloor hul betekenis. Dit wil voorkom of stiltetyd een van daardie woorde is wat iewers langs die pad verlore geraak het. Miskien omdat daar so min tyd vir stil word is midde die stadsgeraas en dolle gejaag om alles in te pas en afgehandel te kry.
Stiltyd is tyd wat doelgerig, gedissiplineerd en volhoubaar eenkant geplaas word dat gees, siel en liggaam spreekwoordelik net weer kan opvang. Ons is meer as net ʼn liggaam, ʼn masjien wat opdragte uitvoer. Ons is volledig mens en na die beeld van God geskape. Ons het ʼn binnekant en ʼn buitekant. Wat binne aan die gang is word na buite reflekteer. As ʼn mens enige van hierdie twee kante van menswees konsekwent verwaarloos gaan jy ʼn prys betaal.
Die binnekant word anders versorg as die buitekant. Die binnekant hou van stilte, tot stilstand kom, asem haal, verpoos, pas marsjeer en mediteer. Die buitekant is alewig op koers, rits rond en wil dinge doen. Die twee werk saam soos in ʼn vennootskap. Daar is egter ʼn rangorde, binne eerste. Buite stukkend vertel van binne wat verwaarloos is.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Hoeveel tyd wit jy opsy om stil te word? Daar is geen beter rusplek as by die voete van Jesus nie.