1 Kor. 12: 26

1 Kor. 12: 26      Wanneer een deel swaarkry, dan kry al die dele saam swaar. En wanneer die mense een deel prys, dan is al die dele saam bly.

Ons gedagtes is vandag by die ouers familie vriende en mede-skoliere van die twee jong seuns, Cornel Bekker en Raymond Olivier, leerlinge  van Hoërskool Monument,  wat by die viswater gesterf het toe hulle oënskynlik deur gas walms oorval is. Die twee boesemvriende het alles saam gedoen en soos by vorige geleenthede gaan visvang. Omdat dit so koud is het hulle ʼn gasverwarmer gebruik. 
Kampeerders het bekommerd geraak toe die twee energieke manne nie hul verskyning maak nie en gaan ondersoek instel. Dit is toe dat die hartseer werklikheid aan die lig kom. Een seun was reeds dood en die ander het kort daarna gesterwe.
Die Bybel se dat wanneer een deel van die Liggaam seer kry almal dit ervaar. Ons huil vandag saam met die geliefdes van hierdie twee jong manne wat aan die begin van hul lewens gestaan het. Ons woorde is min en weet dat die Trooster vandag en in die dae wat kom besonder naby sal wees. Ons dink veral aan mede leerlinge wat op ʼn jeugdige leeftyd met die hartseer realiteite van die lewe gekonfronteer word.

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}