1 Junie 2017 – Gebed bind ons aan mekaar

Gebed bind ons aan mekaar
Matt 5 Ons Vader wat in die hemel is

p.p1 {margin: 0.0px 0.0px 0.0px 0.0px; font: 14.7px Calibri; -webkit-text-stroke: #000000}
span.s1 {font-kerning: none}

Dis bevrydend om saam met mense wat jy nie ken nie te bid. Dit breek die denkbeeldige mure wat ons rondom ons gebou het, mure wat ander van ons weghou af. Dit help ons om te verstaan dat ons essensieel dieselfde is en dieselfde mooi dinge vir ons en ons kinders begeer. Aan die einde van die dag wil die meeste mense net volledig mens wees en genoeg geleenthede hê om hul volle potensiaal te bereik. Margeret wat vir ons in die huis help wil haar kinders ook op Universiteit sien. Sy begeer ʼn lewe vir hulle weg van die shack waarin sy tans woon. Sy wil die spiraal van armoede gebreek sien en ʼn generasie met moed vir die toekoms die wêreld instuur. Gebed help ons om dit van mekaar te verstaan en te vra hoe ons mekaar daarmee kan help.